Einde 2008 het Boeretroos Promosies hande gevat met die vakbond, Solidariteit en Helpende Hande. Wat dit kortliks beteken is dat ons graag voortaan by al ons vertonings ‘n houer beskikbaar gaan hê waarin enige persoon enige daaglikse noodsaaklikhede, soos nie-bederfbare voedsel, skryfbehoeftes, tandepaste & seep, klere & linne ens. kan plaas. Ons fokus is behoeftige AFRIKAANSE persone en gesinne wat as gevolg van omstandighede buite hul beheer, finansiël geen of amper geen inkomste het nie en wat nie hulp van die staat ontvang nie. Ons sal sorg dat dit die regte persone bereik. Op hierdie stadium is ons betrokke by 25 gesinne. Een blikkie kos kan u nie armer maak nie, maar beteken dalk ‘n ete vir iemand anders. Enige persoon wat graag betrokke wil raak of iets wil skenk kan ons gerus kontak. Gaan loer ook gerus op www.helpendehand.co.za
|