- Klub H Afslag!
Tue, 22 Jun 2010 20:45:46 Kom koop jou kaartjies op \'n Saterdag by Hemingways Mall tussen 09:30 - 15:00 en kry tot R20 afslag per kaartjie! Slegs vir Hemingways Mall Klub H lede! Sluit vandag nog aan by Klub H en kry lekker afslag bewyse om by Hemingways Mall te gebruik! Kom kuier vir ons by die "food court" naby Mugg & Bean. Kaartjie prys R100 - slegs R80 vir Klub H lede Kaartjie prys R80 - slegs ...
- Besprekings / Kaartjies
Thu, 13 May 2010 13:55:20 Let asseblief daarop dat ons voortaan nie meer telefoniese / e pos / sms besprekings vir langer as 24 uur kan uithou nie. Ongelukkig is daar persone wat vir elke vertoning bespreek en dan nie al hul kaartjies of enige van die bespreekte kaartjies vir die vertoning gebruik nie. Dit beteken die persoon wat eerste betaal vir sy kaartjies is verseker van die beste sitplekke vir die vertoning. Alle besprekings moet binne 24 uur betaal wees, ...
- Geen eie eet of drinkgoed toegelaat by Die Boeretroosteater
Tue, 16 Mar 2010 12:42:17 Kaartjiegelde wat vooraf betaalbaar is, gaan uitsluitlik aan die kunstenaar en in baie gevalle moet die koste gesubsideer word uit die inkomste van die kos & drank te koop aangebied. Ons enigste inkomste kom vanaf kos & drank verkope. Om \'n venue soos Die Boeretroosteater lewensvatbaar te maak, is dit noodsaaklik dat ons gaste ons snoepie & kroeg ondersteun sodat ons kan voortgaan om die top kunstenaars wat tot dusver hier opgetree het, terug te ...
- 1ste Verjaarsdag!
Tue, 09 Feb 2010 09:26:28 Die Boeretroosteater is 1 jaar oud op die 26ste Februarie 2010! Om die spesiale dag te vier gaan ons lekker partytie hou saam met die lawwe Wicus van der Merwe. Kom kuier saam met ons na \'n jaar van baie lekker shows en pak ons 2de jaar saam aan! 2009 Was vir ons asook vir baie ander \'n baie moeilike jaar om te oorleef, maar met ons Vader se genade het ons ...
- Dranklisensie
Wed, 05 Aug 2009 16:01:30 Ons dranklisensie is uiteindelik goedgekeur! Nou kan jy jou drankie wettiglik by die teater koop. Geen drank mag in die teater ingebring word nie! Laat weet ons gerus wat jou gunstelling drankie is en ons sal poog om dit in voorraad te hou.
- Bok van Blerk in PE!
Thu, 30 Apr 2009 10:24:27 Bok van Blerk se show in PE sal deur Computicket verkoop word. Gaan gerus na hul webblad om te bespreek
- Jongste boeretroos toevoegings
Tue, 21 Apr 2009 13:03:31 Dr. Jinx van die gewilde Kyknet Drama,Song van Katryn, die baie talentvolle VALIANT SWART, kom maak \'n draai in Oos-Londen in die Boeretroos Teater op 27 Mei 2009. Die kaartjies kos slegs R100 per persoon en kan reeds bespreek word by Lara @ 0722257120.
- Jongste Foto\'s (Boeredans, DJ Ossewa, Dozi en Ray Dylan
Tue, 21 Apr 2009 12:27:45 Gaan kyk na ons Kiekies bladsy vir die jongste foto\'s van ons laaste konserte. Ons het foto\'s bygesit van die Boeredans, DJ OSsewa, Dozi en Ray Dylan se konserte. Geniet dit!
|