February 2012
<
>
SMTWTFS
293031123
4
5
67891011
1213
14
151617
18
1920212223
24
25
26
272829123
45678910

 Feb 4, 2012 (Sat)6:00 PM - 11:00 PM
 16de Verjaarsdag - Privaat FunksieLocation: The Jam Shack Boma & Boeretroosteater
Privaat Funksie
 Feb 5, 2012 (Sun)6:00 PM - 9:00 PM
 Rocco de Villiers - Beautiful Beautiful Piano TourLocation: The Jam Shack Boma & Boeretroos Theatre
Kom kuier saam met die talentvolle pianis Rocco de Villiers!


Come and see this wonderful entertainer go through his repertoire of fantastic music and comedy!

Die ideale vertoning om 'n lui-lekker Sondag mee af te sluit!

Kaartjies kos slegs R90 per persoon / Tickets only R90 per person

Bespreek by Lara 0722257120 of by Christo 0825751300

Kontant kroeg en ligte ete beskikbaar / cash bar & light meal available

RENOWNED pianist, producer, television personality and cocktail connoisseur, Rocco de Villiers’s latest hit-album, Beautiful, Beautiful Piano, created a frenzy when it reached gold-status only weeks after its release.

It contains smash hits like My Heart Will Go On, Don’t Cry for me Argentina and You Raise Me Up and Port Elizabethans now have the rare chance to find out first-hand why more than 30 000 copies of the album has already been sold when De Villiers brings Beautiful, Beautiful Piano to The Jam Shack Boma & Boeretroosteater on Sunday the 5th of February.

Apart from his brilliant piano playing, this eloquent virtuoso will be sharing his experiences since childhood in the Free State through events that moved him to record these specific tunes.

De Villiers said the album is dedicated to fond memories of his mother who passed away a couple of years ago. "Many of the tracks on the CD were her favourites”.

De Villiers who recently finished the soundtrack to an American film called Brewsie & Willie, an adaptation of a Gertrude Stein Novel, released his first solo CD, Screentest, in 1997 and has since released seven more instrumental albums. He has also written two cocktail recipe books.

Tickets for his Beautiful, Beautiful Piano Show can be booked with Lara on 0722257120 or Christo on 0825751300 R90.

Die pianis, vervaardiger,skrywer en mengeldrankie-connoisseur Rocco de Villiers veral bekend om sy treffende instrumentele albums, het die afgelope dekade bewys daar is aanvraag vir en aanhang van instrumentele musiek in Suid-Afrika.

Hy doen dinge bloot ánders.Hy het sy eie stempel geskep met sy unieke, flamojante, teatrale en energieke kreatiwiteit. Sy repertoire sluit oor die 60 verhoogproduksies as pianis,verwerker en musikale regisseur, twee dosyn CD-opnames en 'n tiental opdragwerke as komponis van temamusiek vir TV-en radioprogSy onmiskenbare professionaliteit is die sleutel totramme in.

Sy onmiskenbare professionaliteit is die sleutel tot sy welslae in die wêreld van vermaak, die sakewêreld en leefstylprojekte.

Die meeste van so solo-albums bevat sy oorspronklike komposisies. Hy het reeds top-verkoper megeldrankie-boeke geskryf en 'n verskeidenheid leefstylprodukte bekend gestel waarop hy etiket pronk,ondermeer fynproefwyne. Sy uitvoerings word gekenmerk aan klank- én visuele opwinding, soos TV-kykers ook ervaar het as die aanbieder van die kykNET-speletjiereeks Klop die Klawers: kook, klavier en rocco. Nou het hy 'n platekontrak met EMI beklink vir die uitreiking van sy jongste pragalbum Beautiful, beautiful piano - opgedra aan sy ontslape moeder, Anna Magdalene de Villiers.

Die dubbelalbum bied 24 van die allermooiste klavierjuwele, passievol gekies uit tydlose rolprente, TV-reekse en blyspele. Met temamusiek uit The Bodyguard, Forrest Gump, Dr. Zhivago en Titanic to Murder, she wrote en Meisie van Avignon. Met die gunstelinge Music Box Dancer, Sleepy Shores, A whiter shade of pale, You raise me up en Lisa se Klavier. Ook met blyspelwerk uit ondermeer Les Miserables, Evita, Cats en Phantom of the Opera. Daar is ook blues, jazz en rock, stemmingsvolgekomplementeer deur die programeering, verwerkings en produksie deur Marius Brouwer van Pop Planet Studios.

Dit is onmiskenbaar die eiesoortige betowering van Rocco de Villiers!
 Feb 14, 2012 (Tue)8:00 PM - 11:00 PM
 Valentyns Vertoning: Jennifer ZamudioLocation: The Jam Shack Boma & Boeretroos Theatre
Kom vier die liefde op Valentynsdag saam met Jennifer Zamudio!

Bederf die liefde in jou lewe met 'n heerlike Valentyns ete saam met Jennifer Zamudio op die verhoog!

Spoil the love of your life with a Valentine Dinner with Jennifer Zamudio on stage!

Kaartjies kos slegs R80 per persoon / Tickets only R80 per person

Ete kos slegs R55 per persoon en sluit in: / Dinner only R55 per person:

Gratis glasie rooi of wit wyn / free glass of red or white wine+
Roasted beef & Roasted pork
2 salads
Sesame seed dinner roll
Ice cream & Chocolate sauce

** Please book your dinner in advance! (with your ticket)

For bookings phone Lara on 0722257120 or Christo on 0825751300

Jennifer Zamudio was al bestempel as een van die "mees stylvolste” vroulike kunstenaars en ook "die vrou met die ontwerperstem”! En wie kan ook haar "pers hare” in die vroeë jaar 2000 vergeet? Of dit nou op die verhoog, op haar albums of selfs sommer net in haar alledaagse doen en late is ... Jennifer Zamudio se energie is aanvoelbaar én aansteeklik. 

Ja, waar dié gewilde Afrikaanse donkerkop sangeres met die Spaanse van (foneties: ZA-MOE-DIE-HOU), haarself bevind, is ‘n gróót partytjie gewoonlik kort op haar hakke. Met haar veelsydige alt stem en natuurlike 
verhoogspersoonlikheid, kry Jennifer ‘n gehoor vinnig op hulle voete. Jennifer is al die afgelope 10 jaar ‘n bekende in die musiekbedryf en is veral bekend vir haar cd’s Hart se loper, Hoor Hoor en Hier’s my hart.
Jennifer se eerste nuwe cd in drie jaar en ook haar agtste het onlangs die lig gesien, die cd getiteld "Die lewe is ‘n liedjie” bestaan uit 15 snitte, waarvan sewe daarvan weer uit haar eie pen kom.

Van Jennifer se mees onlangse hoogtepunte sluit in: 

Jennifer het in 2010 haar 10jaar in die Suid Afrikaanse Musiekbedryf gevier. Ter viering hiervan is daar ‘n 10 jaar dubbel kompilasie cd uitgereik, met 40 van Jennifer se gunsteling liedjies – Jennifer Zamudio - ‘n Dekade van Musiek.

Sommer vroeg in 2011 word Jennifer vir die vyfde keer deur die Kyknet program Fiesta gevra om weer as Gasaanbieder vir hulle op te tree by die Naboomspruit Windpompfees. 

In Julie 2011 stig sy weer haar eie musiekvaandel, Zamudio Musiek, en reik sy weer as onafhanklike kunstenaar haar eerste nuwe cd getiteld "Die lewe is ‘n liedjie” in drie jaar uit. Die cd word reeds deur die musiekkenners gereken as Jennifer se beste werk tot dusver. Die alombekende musiekpromotor, Lydia Winchester, klim ook aan boord van die produk as media skakelbeampte. Lydia en Jennifer werk as sedert 2000 saam, toe Lydia vir Jennifer ontdek het tydens daardie jaar se KKNK (en die res is geskiedenis).

Die nuwe cd was nog skaars op die winkelrakke, toe die gewilde SABC2 televisie program Pasella, haar nader om ‘n insetsel oor haar te doen. Snitte vanaf die cd word op menige radio stasies se speellyste gelaai en die lied "Ek sal berge klim vir jou” geniet tans hoe rotasie op RSG.

Verder val daar weer ‘n groot eer Jennifer te beurt, toe haar liedjie "Ek sal berge klim vir jou” vanaf haar nuutse cd "Die lewe is ‘n liedjie” ingeskryf word as Suid Afrika se verteenwoordiger by die "Global Song Contest 2011”. Die kompetisie word deur Eurovision aangebied. Daar is ‘n totaal van 150 lande wat deelneem aan die gesogte kompetisie. Die goeie nuus is dat Suid Afrika reeds in die finale rondte is en die Top 20 gehaal het. Die kompetisie loop teen einde Januarie 2012 ten einde.

Die ou jaar eindig vir Jennifer op ‘n hoe noot met artikels in die gewilde gesinstydskrifte Rooi Rose en Huisgenoot.

Die nuwe jaar kon nie vir Jennifer beter begin het nie, en vroeg in Januarie het sy die nuwe cd se eerste musiekvideo van die gewilde liedjie "Ek sal berge klim vir jou” geskiet. Blixem Produksies het aan stuur gestaan hiervan en dit was verfilm in die uiters moderne Atterbury Teater in Pretoria. Die video word in Januarie ook eksklusief vir die eerste keer vertoon op die Kyknet Afrikaanse musiekprogram DKNT, waar Jennifer ook die gas op die program sal wees. Jennifer verskyn ook in Februarie op Kyknet se Jukebox. 

Jennifer het haarself al goed in die vermaaklikheidsbedryf gevestig as Sangeres, Liedjieskrywer, Compére (MC) en Televisie-Veldaanbieder. Dit is dus duidelik waarom Jennifer Zamudio as een van ons land se voorste Afrikaanse vermaaklikheids sterre bestempel word.

 Feb 18, 2012 (Sat)7:30 PM - 10:00 PM
 Kurt Darren - Kaptein se Platinum Treffers Toer!Location: Orient Teater
Kom kuier saam met Kaptein Kurt by die Orient Teater.

KD soos jy hom nog nooit voorheen gesien het nie - saam met sy band en dansers.

Meer besonderhede volg

Bespreek by Lara 0722257120 of by Christo 0825751300




 Feb 24, 2012 (Fri)8:00 PM - 11:00 PM
 Lianie May - Platteland ster!Location: The Jam Shack Boma & Boeretroosteater
Die gewilde Lianie May is terug by die teater!
 
Lianie was onlangs te sien in die Afikaanse film Platteland waar sy een van die hoof rolle vertolk het!
 
Kaartjies slegs R100 per persoon
 
Bespreek by Lara 0722257120 of by Christo 0825751300
 
Kontant kroeg & ligte ete beskikbaar.
 Feb 25, 2012 (Sat) - Feb 26, 2012 (Sun)8:00 PM - 11:00 PM
 Simon & Garfunkel Tribute ShowLocation: The Jam Shack Boma & Boeretroosteater
Simon & Garfunkel Tribute Show
 
Meer besonderhede volg
 
Saterdag & Sondag
 

  


calendars count : 

administrator