Hi julle
Soos julle teen die tyd seker al agtergekom het, het ons 'n hele paar veranderinge die afgelope twee maande aangebring by Die Boeretroosteater.
Die grootse verandering is sekerlik die teater se nuwe naam. The Jam Shack Theatre & Function Venue, asook ons nuwe buite kuier area met 'n lekker groot onderdak gedeelte en die boma vir 'n lekker vuurtjie om die winterkoue weg te hou.
Ons gaan steeds voort om net die beste van ons afrikaanse kunstenaars en sangers vir julle hier te laat optree, maar fokus ook nou nog meer op privaat funksies - vanaf korporatief tot by verjaarsdae en troues.
Ons bied jou nou 'n eenstop diens waar ons in al jou behoeftes kan voorsien van dekor, spyseniering tot klank en beligting vir jou funksie.
Kontak ons nou vir ons spesiale winter funksie aanbod!
The Jam Shack Theatre & Function Venue word met trots aan jou gebring deur Boeretroos Promosies & Tidewaters.
Kom maak gerus 'n draai by een van ons vele opkomende vertonings en kom kuier saam met ons om die vuurtjie!
Ons is in die proses om die webblad op te gradeur asook om die nuutse vertonings op te laai - "like" ook ons "page" The Jam Shack Theatre & Function Venue op Facebook om op hoogte te bly van die nuutse vertonings
Boeretroosgroete