Ons is so trots om uiteindelik te kan aankondig dat die Boeretroos Teater oop is vir besigheid. Dis 'n droom vir jare en na baie kopkrap en oorwegings het ons toe uiteindelik die regte plek gevind. Ons wou net 'n plekkie van ons eie hê waar ons en Oos-Londen se musiekliefhebbers kan kom ontspan en na hul gunsteling kunstenaar kom kyk. Iewers waar oud en jonk welkom is en hulself kan geniet.
Die Boeretroos Teater het tafels en stoele, met ongeveer 10 persone per tafel. Dis ook 'n manier hoe u binnekort lekker nuwe vriende ontmoet.
Ons het verskillende keuses van 'platters', wat u dan vooraf kan bestel en dan kuier ons sommer heelaand saam met eersteklas vermaak!
Daar word gesê: "Rome is nie in een dag gebou nie", so ook nie ons teater nie. Ons gaan groei met tyd en vra dat almal saam met ons die pad sal aandurf. Wat belangrik is, is dat ons weet waarheen ons oppad is en daar is nie woorde wat kan beskryf hoe opgewonde ons daaroor is nie.
Laaste maar beslis nie die minste nie, ons grootste dank vir hierdie Teater en geleentheid gaan aan ons Hemelse Vader. Dis nie net woorde nie, ons bedoel dit! Ons hoop om nog eendag aan almal te getuig presies hoe baie Hy hierdie projek van ons seën.
Kliek hier om uit te vind waar die teater is!!!

|